De Meyer De Vries Attorneys | Legal Practice
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us Sitemap
De Meyer De Vries Attorneys | Solution Driven

Our Blog

Login      Write Comment

Previous Articles

Deur Sonja Carstens Dinsdag 21 Oktober 2014 2:30 vm.

Oscar Pistorius midde-in sy verhoor in die beskuldigdebank van hof GD in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Alet Pretorius

Die openbare verhoor waaraan Oscar Pistorius onderwerp is, is" 'n adder en 'n onding" wat al die rolspelers in hof GD van die hooggeregshof in Pretoria benadeel het.

Dis die mening van verskeie regslui wat se hulle sal enige soortgelyke aansoeke om openbare verhore in die toekoms teenstaan omdat dit nie in belang van behoorlike regspleging is nie. Die Pistorius-saak was die eerste ooit in die land waar die media toegelaat is om die aktiewe verrigtinge in 'n strafsaak te dek.

"Die saak het die wereld se verbeelding aangegryp en is soos 'n sepie deur die media hanteer," het Delia de Vries, 'n prokureur, gese, "maar in werklikheid is dit geen speletjie nie.

"Ek glo dit is hoekom Pistorius self so 'n swak getuie was. Hy was deurgaans bewus dat elke woord wat hy se deur gehore wereldwyd na geluister en vertolk word. Dit het onmenslike druk op hom geplaas."

Andre Grobler, nog 'n prokureur, stem saam. Volgens hom het die onmenslike openbare druk op al die rolspelers in die saak sy tol op die toepassing van die regsbeginsels geeis. "'n Mens bly 'n mens en geen mens kan hom in die geval totaal gedistansieer het nie. Daarbenewens het elke getuie vooraf woord vir woord gehoor wat elke voorganger getuig het. Dit is onvermydelik dat dit hul getuienis beinvloed het."

Prof. Koos Malan, grondwetkenner aan die Universiteit van Pretoria, vergelyk regter Thokozile Masipa se hantering van die Pistorius-saak met hoe regter Willem van der Merwe pres. Jacob Zuma se verkragtingsaak destyds gehanteer het. "Na Van der Merwe se uitspraak, wat goed deurdag was in 'n verhoor waar hy sy gesag in die hof deurgaans afgedwing het, was daar nie die heftige reaksie wat ons in die Pistorius-saak gesien het nie."

Willem de Klerk, prokureur en mediaregkenner, verskil. "Ek dink nie Pistorius se reg tot 'n billike verhoor is ondermyn nie. Dit is naief om te se dit moet nie weer toegelaat word nie. Die deurlopende kommunikasie in hoeprofiel-strafsake is nou 'n realiteit."

Website developed by: 8279.01