De Meyer De Vries Attorneys | Legal Practice
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us Sitemap
De Meyer De Vries Attorneys | Solution Driven

Our Blog

Login      Write Comment

Previous Articles

Prokureur het 'heeltyd Oscar se storie geglo'
Sonja Carstens Vrydag 12 September 2014
Oscar Pistorius kom by die hof aan tydens 'n vorige verskyning.

"Ek is verheug. Ek het deurgaans Oscar Pistorius se storie geglo, al is ek deur ander gekruisig."

So se Delia de Vries, 'n strafregprokureur van Pretoria, wat van meet af aan voorspel het dat Pistorius hoogstens skuldig bevind kan word aan strafbare manslag weens die dood van sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag 2013. Sy glo die hof het Vrydagoggend korrek bevind.

"Die publiek is so vasgevang daarin dat hy juis vir Reeva geskiet het. Mense sou anders gevoel het as Oscar 'n inbreker doodgeskiet het. Dan sou daar gese gewees het dit is reg, hy het homself en sy besittings beskerm. Niemand het daardie onderskeid getref nie. Sy weergawe oor die gebeure was so bisar dat dit die waarheid moes wees.

"Hy het dadelik op die toneel, terwyl hy in skok was, vir omstanders gese hy het gedink dit is 'n inbreker. Sy emosies was rou en opreg. Niemand kan so vinnig daardie emosie op 'n toneel fabriseer nie," se De Vries.

Volgens De Vries was daar gate in die staat se saak, soos die getuienis van die bure wat 'n vrou se gille gehoor het." 'n Man en 'n vrou se gille klink laatnag as jy wakker skrik dieselfde. Niemand kan werklik se dat Oscar nie die waarheid gepraat het en dat dit nie sy eie gille was nie. Die staat het te veel twyfel gelaat."

Volgens haar is daar ook nie genoeg ag geslaan op die feit dat Pistorius op sy stompies was toe hy geskiet het nie.

" 'n Man op sy stompies voel weerloos. Geeneen reageer dieselfde in 'n noodsituasie nie. Adrenalien en instink skop in. Oscar is van kleins af geleer hy is anders, hy het iets nodig om homself mee te beskerm om op te maak vir sy gebrek. 'n Mens kan nie daarby verbykom nie," se sy.

De Vries se die realiteit is dat 'n mens maklik in 'n soortgelyke situasie as Pistorius kan beland. "Dit kan so maklik met enige persoon gebeur."

Website developed by: 1475.878