De Meyer De Vries Attorneys | Legal Practice
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us Sitemap
De Meyer De Vries Attorneys | Solution Driven

Our Blog

Login      Write Comment

Previous Articles

Die regspan van Kurt Darren en sy twee vriende het n span kundiges aangestel om die ongeluk waarin die voorste lugsakke van 'n Toyota Fortuner nie oopgegaan het nie te ondersoek.

Marnus Bisschoff, kunstenaarsagent, en sy assistent Nadia van Rensburg was twee weke gelede saam met Darren in ?n ongeluk naby Roodeplaatdam by Pretoria.

Hul regsverteenwoordiger, Delia de Vries, het 'n span aangestel wat bestaan uit 'n kundige wat ongelukke rekonstrueer, 'n meganiese ingenieur en 'n sitplekgordel-kundige om die motorwrak te ondersoek.

"Ons kyk ook na ander soortgelyke sake."

"'n Produkaanspreeklikheidseis word oorweeg."


Toyota Suid-Afrika het nog nooit voorheen 'n probleem gehad met lugsakke wat nie ontplooi het toe dit nodig was nie, het Leo Kok, woordvoerder, gese.

"Ons dra nie kennis van die span wat die saak ondersoek nie, maar verwelkom enige aksie om die saak spoedig op te los."

"Toyota wil die voertuig ook graag ondersoek."

11 van Darren se ribbe is in die ongeluk gebreek en hy het 'n hou teen die kop gekry wat skedelbreuk en 'n oog wat skeef trek, veroorsaak het.


Onsekerheid heers nog oor die besonderhede van sy besering en hy dra 'n oogklap, het Darryn van Heerden, die sanger se broer, gese.

"Hy het steeds baie pyn. Van die ribbe is op twee plekke gebreek en hy sukkel selfs om 10 m te loop."

"Dit frustreer hom verskriklik en hy voel ontsettend sleg dat hy nie by sy vertonings kan uitkom nie. Kurt is maar 'n hardekop."

Hy is nog in die hoesorgeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg.

Bisschoff en Van Rensburg het ernstige gesigbeserings opgedoen. Van Rensburg het ook heup- en beenbeserings. Hulle is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Website developed by: 9948.474