De Meyer De Vries Attorneys | Legal Practice
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us Sitemap
De Meyer De Vries Attorneys | Solution Driven

Our Blog

Login      Write Comment

Previous Articles

Toyota hou voet by stuk: Die voertuig waarin Kurt Darren gery het toe hy verlede jaar in 'n ernstige ongeluk betrokke was, het wel reg gefunksioneer.

So het Leo Kok, woordvoerder van Toyota Motors Suid-Afrika, gister by navraag bevestig.

Dit volg op 'n ongeluk waarin die sanger verlede jaar skedelbreuk en 11 gebreekte ribbe opgedoen het.

Beeld het vroeer berig dat Darren se regspan kundiges aangestel het om die ongeluk waarin die voorste lugsakke van 'n Toyota Fortuner nie oopgegaan het nie, te ondersoek.

Marnus Bisschoff, kunstenaarsagent, en sy assistent, Nadia van Rensburg, was in Julie verlede jaar saam met Darren in die ongeluk naby Roodeplaatdam by Pretoria.

'n Hou teen Darren se kop het skedelbreuk en 'n oog wat skeef trek, veroorsaak.

Darren se regsverteenwoordiger, Delia de Vries, kon nie bereik word vir kommentaar nie aangesien sy blykbaar sedert Woensdag heeldag in die hof is.

Kok het gese hy kan nie in detail oor die hofgeding kommentaar lewer nie aangesien albei partye regsverteenwoordigers aangewys het. "Ek kan wel bevestig dat ons onafhanklike tegniese ondersoek na die Fortuner amper voltooi is en dat Toyota voet by stuk hou dat die voertuig se veiligheidsfunksies, lugsakke ingesluit, korrek funksioneer het." -Carryn-Ann Nel

Website developed by: 66.11867