De Meyer De Vries Attorneys | Legal Practice
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us Sitemap
De Meyer De Vries Attorneys | Solution Driven

Our Blog

Login      Write Comment

Previous Articles

Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard toe hulle nog 'n gelukkig getroude paartjie was. Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard toe hulle nog 'n gelukkig getroude paartjie was. Die oud-Springbok Derick Hougaard sukkel om sy hemelhoe onderhoudsgeld vir sy tweejarige tweeling by die sangeres Karlien van Jaarsveld te betaal. Skaars drie maande na die glanspaartjie se egskeiding in Oktober verlede jaar het Hougaard regsadvies ingewin oor van die bepalings van die skikkingsooreenkoms wat hy met hul egskeiding onderteken het. "Ek kan regtig nie iets se nie. Dit is 'n sensitiewe saak. Ek wil niemand benadeel nie." "Hierdie is die slegste tyd in enigeen se lewe, se Hougaard." Rapport verneem Hougaard sukkel om vir homself te sorg nadat hy sy onderhoud betaal het. Hy leef van sy rugbybeseringsversekeringsgeld. Daarbenewens kry hy salarisse van SuperSport as kommentator en van die Blou Bulle as skopafrigter.
Terwyl hy sukkel om sy uitgawes by te bring, het Van Jaarsveld vir haar 'n splinternuwe BMW X6 van sowat R800 000 en 'n borrelbad met 12 sitplekke aangeskaf na haar egskeiding, is aan Rapport gese. Sy het ook in Desember saam met 'n vriendin in die buiteland gaan vakansie hou. Riaan Louw, Hougaard se regsverteenwoordiger, se hy is finansieel net nie in staat om die gesin se luukse leefstyl te finansier nie. "Sy kinders bly alles in sy lewe en hy is daartoe verbind om hulle te versorg, maar dit moet volgens hul werklike uitgawes bepaal word, sE hy." Ronel Brink, Van Jaarsveld se ma en bestuurder, het by navraag gese sy het geen kommentaar om te lewer nie. Shani van den Bergh, Van Jaarsveld se regsverteenwoordiger, het navrae na haar kollega, David Scheepers, verwys. Scheepers het gese hulle gaan in die stadium geen kommentaar lewer nie. Dit kom nadat verskeie regslui met die egskeiding aan Rapport gese het hulle is "geskok" oor die hoe bedrae en besonderhede oor die versorging van die tweeling wat in die paartjie se skikkingsooreenkoms verskyn. Hulle is in Oktober verlede jaar in die hooggeregshof in Pretoria geskei. Rapport het ook die inhoud van die skikkingsooreenkoms gesien, maar mag ingevolge wetgewing nie die besonderhede van die skikking publiseer nie. Delia de Vries, 'n prokureur, se sy sou nie toegelaat het dat 'n klient van haar so 'n skikkingsooreenkoms onderteken nie. "Ek het nog nooit in my lewe so 'n belaglikheid gesien nie."
Sy het gese Hougaard behoort die kinderkommissaris ingevolge die bepalings van die Kinderwet te nader om die skikkingsooreenkoms te wysig. "Ek dink hy was aanvanklik so verslae oor hoe sy hele lewe skielik ontrafel het dat hy dit net verby wou kry. Maar tyd heel alle wonde en nou sien hy selfs al wil hy dit betaal, moet hy darem self nog kan leef. Die Onderhoudswet bepaal dat elke ouer moet bydra na gelang van hul vermoe," se De Vries. Gert Cloete, nog 'n prokureur wat egskeidings hanteer, se die paartjie se skikkingsooreenkoms was "malligheid". "Daar is skatryk senior advokate wat geskei is wat nie eens 'n tiende van die onderhoud betaal wat Hougaard moet betaal nie. Ek dink aanvanklik wou hy nie baklei nie en het hy gehoop as hy instem, sal hy Van Jaarsveld terugwen, maar nou het realiteit ingeskop en hy besef hy betaal te veel," se Cloete. Deur Sonja Carstens 31 Januarie 2016 00:15

Website developed by: 9889.422