De Meyer De Vries Attorneys | Legal Practice
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us Sitemap
De Meyer De Vries Attorneys | Solution Driven

Our Blog

Login      Write Comment

Previous Articles

JOHANNESBURG. ? Die voorste lugsakke in die Toyota Fortuner waarmee Kurt Darren en twee vriende in ?n ongeluk buite Pretoria betrokke was, het nie tydens die impak ontplooi nie. D?t blyk duidelik uit foto?s op die ongelukstoneel en by die insleepdiens in eMalahleni (Witbank) waar die voertuig nou staan. Die familie vermoed dis dalk die rede vir die stamp teen Darren se kop wat moontlik ?n oogsenuwee beskadig het. Net die lugsak in die linkerdeur, waar Darren gesit het, het ontplooi. Darren is reeds vier dae in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg. Hy ly sedert die ongeluk aan dubbelvisie en sy oog trek skeef. Agt van sy ribbebene aan die regterkant is gebreek, sommige op twee plekke. ?n Mens het 12 pare ribbebene.
Die wit Toyota Fortuner waarin Kurt Darren, Marnus Bisschoff en Nadia van Rensburg gery het. Net die lugsak aan die passasierskant se deur het ontplooi toe die voertuig van die pad geloop het.
?Dokters het ges? die breinskandering is 100% skoon,? het Darryn van Heerden, die sanger se broer, ges?. ?Dit is dus onseker wat die aard van die skade is en hoe lank dit gaan duur. Tans dra Kurt ?n oogklap. Ons vertrou my broer sal vinnig herstel.? Op die vraag of die familie regstappe oorweeg, het Van Heerden ges? hulle is daarvan bewus dat die lugsakke nie ontplooi het nie. ?Die familie fokus nou eers daarop om Dunay (Nortj?, Darren se vrou) tuis te kry en op Kurt, Marnus (Bisschoff) en Nadia (van Rensburg) se gesondheid. Alles anders sal ons later oorweeg.? Leo Kok, Toyota-woordvoerder, het ges? Toyota Suid-Afrika het nog nooit ?n voertuig gehad waarvan die lugsakke nie ontplooi het toe dit nodig was nie. ?By ?n Fortuner speel die sitplekgordels nie ?n rol nie; dit sal ontplooi ongeag of die sitplekgordel vas is. Daar is wel verskeie vereistes waaraan die ?ongeluk? moet voldoen. Die krag en hoek van die impak en die posisie van die voertuig sal bepaal watter lugsakke ontplooi, indien enige. ?Sonder om die voertuig self te analiseer, is dit egter onmoontlik om te bepaal watter faktore ?n rol gespeel het.?
Nortj? sal vanaand in SuidAfrika aankom. Sy het haar Europese bootreis saam met haar ma en tannie kortgeknip om haar man te ondersteun. Bisschoff en Van Rensburg, kunstenaaragente, was saam met Darren in die Fortuner toe dit Saterdag omstreeks 23:40 net voor die Pienaarsrivierbrug op die Kameelfonteinpad van die pad geloop het. Albei herstel goed van hul beserings. Darren is gisteraand van die waakeenheid na ?n enkelkamer geskuif.

Website developed by: 114.9468