De Meyer De Vries Attorneys | Legal Practice
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us
Home About Us Articles Services Health Issues Blog Contact Us Sitemap
De Meyer De Vries Attorneys | Solution Driven

Our Blog

Login      Write Comment

Previous Articles

'n Pretoriase prokureur en 'n balju met 'n dagvaarding in die hand vra: Waar is Kurt Darren? Delia de Vries, 'n prokureur wat vroe?r vir Darren opgetree het, sowel as haar prokureur, Deera Govender, het al op 28 Augustus 'n dagvaarding uitgereik, maar hulle s? hulle kry nie die sanger in die hande om dit aan hom te beteken nie. De Vries beweer in haar dagvaarding Darren skuld haar sowat R140 000. Sy wou aanvanklik die hofstukke aan Darren beteken het met sy optrede by die Innibos-fees in Julie in Nelspruit. Maar die balju het haar gewaarsku dat hy nie suksesvol sou wees nie, want die veiligheidsbeamptes sou hom nie naby die sanger toelaat nie, s? De Vries. Verlede maand het sy die balju gestuur om die dagvaarding aan Darren te beteken by die Sable Hills-landgoed in Kameelfontein, buite Pretoria. Dit is waar sy hom destyds gekonsulteer het en dit is die laaste beskikbare adres wat sy het. Luidens die balju se relaas van betekening was hy onsuksesvol, want die bestuurder van die landgoed het hom ingelig dat Darren nie meer daar woon nie. Govender het toe via Darren se agent op die spoor van Darren se vrou, Dunay, gekom. Volgens Govender het sy vir Dunay gebel, maar die het die foon in haar oor doodgedruk. Sedertdien word haar oproepe na Dunay se nommer telkens doodgedruk. Govender s? sy het ook vir Darren self gebel. Hy het haar na sy prokureur, Alan Edelstein, verwys.
Die kennisgewing van die balju. Die balju het vergeefs probeer om die Pretoriase prokureur Delia de Vries se dagvaarding aan Kurt Darren te beteken by sy vorige huis in die Sable Hills-landgoed in Kameelfontein, buite Pretoria.
De Vries dagvaar Darren vir haar getakseerde kosterekening wat hy nie vereffen het nie vir werk wat sy vir hom gedoen het nadat hy in 2013 in 'n ernstige motorongeluk was. Hy was saam met Marnus Bisschoff, kunstenaarsagent, en Nadia van Rensburg, Bisschoff se assistent, in 'n Toyota by die Pienaarsrivierbrug by die Roodeplaatdam naby Pretoria. Darren het 'n mandaat geteken waarvolgens De Vries vir hom eise teen Toyota en teen die Padongelukkefonds sou instel. Op 6 Mei verlede jaar het Darren die mandaat van De Vries be?indig, maar nie haar rekening vereffen nie. "Ek het 'n program op kyk- NET gesien waar Darren gespog het oor die wynlandgoed in die Kaap waarop hy bly," s? De Vries. Sy het egter nie die adres om die balju soontoe te stuur nie. "Waar kry hy die geld om dit te huur, maar hy het nie geld om my rekening te vereffen nie? Dit is vir my 'n beginselsaak. Ek moes deskundiges wat hom in sy saak bygestaan het uit my sak uit betaal. Ek sien op die foto's dat sy vrou en sy dogtertjie net die beste het, maar ek moet al meer as 'n jaar lank wag vir my geld," s? De Vries. Volgens haar het sy haar vererg toe Edelstein vroe?r aan Rapport ges? het sy vat 'n kans met die geld wat sy van Darren eis.
Kurt Darren. Foto: Corn?l van Heerden
"Hy het 'n volmag onderteken waarvolgens hy sou betaal. Ek het nooit ges? ek gaan my geld afskryf nie en het daarom die rekening laat takseer. As hy in die moeilikheid was, kon hy 'n afbetalingsre?ling met my getref het." "Die meubels in sy huis is meer as genoeg om my rekening te vereffen. Dit is 'n skande dat 'n Afrikaanse volksheld wat so hoog lewe, nie sy agterstallige skuld vereffen nie," s? De Vries. Darren was erg ge?rriteerd toe Rapport hom bel met die nuus dat De Vries hom gedagvaar het. "Wag, wag, ek wil nie met jou praat nie. Ek bestuur nou, so jy stel my in gevaar," het hy ges?. Hy het verdere navrae na Edelstein verwys. Edelstein s? dit is die eerste woord wat hy van De Vries se dagvaarding hoor. "Ek weet dit spruit uit die sake wat sy namens hom hanteer het, maar ek het dit nog nie ontvang nie. De Vries weet ek tree namens Darren op. Dit is vir my baie snaaks dat sy my nie in die hande kon kry nie," s? hy. Volgens Edelstein sal hulle die dagvaarding hanteer sodra hulle dit ontvang het. ■ scarstens@rapport.co.za

Website developed by: 3645.831